Is 'n vervolg verhaal wat afspeel na die millennium tot hede.
Dit gaan oor 'n blanke man in sy dertigs wat die Staatsdiens bedank het, as gevolg veranderings in Suid Afrika, hoe dit hom geaffekteer het. Hy neem die besluit om 'n eie besigheid te begin en verloor alles, dit plaas hom in 'n slegte finansieele posisie en beland op die swart lys.
Sy vader neem hom onder sy vlerk, sy moeder sterf intussen aan 'n lewervirus. Sy vader trou later met sy moeder se jonger suster wat ook 'n weduwee was. Hy besluit om sy heenkome in die stad te gaan soek.
Hy word 'n karwag, maar letsels van sy beter dae plaas hom onder wantroue by sy vader. Later jare sterf sy vader aan lewerkanker. Hy lewe elkedag van die hand na die mond. As gevolg van finansieele omstandighede het hy maar min sy ouerhuis besoek.
Nog jare verloop en sy stiefma word vermoor. Hy keer terug huis toe en hervestig hom in 'n klein gemeenskap.